Uranus se natuurlike satelliete

Die verhouding in grootte van Uranus en sy grootste ses mane, van links Puck, Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon.

Uranus, die sewende grootste planeet in ons sonnestelsel, het 27 bekende mane, wat almal genoem is na karakters uit die werke van William Shakespeare en Alexander Pope.[1] William Herschel het die eerste twee mane, Titania en Oberon, in 1787 ontdek. Nog mane is in 1851 deur William Lassell en in 1948 deur Gerard Kuiper ontdek.[1] ’n Paar van die groot mane het planetêre massa, wat beteken hulle sou planete gewees het as hulle op hul eie om die son gewentel het. Nog mane is van 1985 af ontdek, óf deur Voyager 2 óf deur middel van gevorderde teleskope op aarde.

Uranus se mane word in drie groepe verdeel: 13 binneste, 5 groot en 9 onreëlmatige mane. Die binneste mane is klein, donker voorwerpe met dieselfde eienskappe en oorsprong as Uranus se ringe. Die groot mane is groot genoeg om hidrostatiese balans te bereik het, en vier van die vyf wys tekens van inwendig-gedrewe prosesse soos canyon-formasies en vulkane op hul oppervlak. Die grootste een van die vyf, Titania, is 1 578 km in deursnee en die agtste grootste maan in die sonnestelsel – dit is sowat 20 keer so groot soos die Aarde se maan. Die onreëlmatige mane is in wentelbane ver van die planeet af.

  1. 1,0 1,1 "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature (in Engels). USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2009. Besoek op 6 Augustus 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy